Natuurlik huil mens, maar die emosie is moeilik om te beskryf - dit is liefde en vreugde, maar nog groter. Die feit dat die mensies so ontvanklik is in die eerste uur, is rede genoeg vir enige vrou om natuurlike geboorte te verkies. (Seker maklik vir my om te sê, die man se mate van betrokkenheid by die bevalling in ag geneem).
Daar is geen waarheid in enige gerugte dat sy so genoem is omdat sy na bewering in 'n karavaan gemaak is of omdat ons permanent by Caramellos uitgehang het nie. Cara beteken "beloved" of "dear friend" en is van Latynse en Galliese afkoms, volgens my bronne - die internet wat tog altyd reg is soos almal weet.
Nog 'n ding: Veertien mammas op die lys by Rosepark, twee kraam natuurlik! Daar is niks normaal aan die syfer, of hoe? Soos Europa streef na natuurlike geboortes (is enige geboorte werklik natuurlik?), so streef ons in ZA na keisersnitte ("vaginal bypasses"). Ons dink seker 'n natuurlike bevalling is sonder grimering. Ja 'n k-snit is vinnig en maklik en jy kan dit rondom jou volgende trippie na Wetherlys beplan, maar is dit werklik nodig? Die hospitale hou egter daarvan en ek verstaan hoekom na ek my rekening te siene gehad het. Vatso Discovery! Julle wil my mos boor met my chronies.
1 comment:
Kewl en ag sjeim!
Post a Comment