Vandag is ons na die pediater, Dr. Reynecke, vir Cara se ses weke ondersoek. Wat 'n aangename man. Cara groei soos 'n pampoenrank en weeg nou 5.6kg. Sy het 3.3kg met geboorte geweeg. Die pediater is tevrede en ons is trots. Life is (mostly) good.
Wie kan die klein kinders nie waardeer nie? Al is hulle totaal van ons afhanklik, gee hulle ons so baie.
Ons het ook vandag haar geboortesertifikaat gekry. Sy is dus nou in die sisteem. Pres. Thabo, jy beter hierdie land vir haar regmaak. Ons is nie tevrede met die stand van sake nie.
2 comments:
Cara gaan goed aan so te sien. Kry sy room in haar bottels?
Ons geniet julle blog baie hier in Holland, print dit saans vir 'n bed-toe-gaan-storie.
Hallo daar A, AM en C
Lekker om al die nuus uit Bloem te hoor. Ons hou lekker somer hier in London en braai al te lekker in ons tuin.
Doen so voort!
Post a Comment